AFRIKAANS …

STORIES …


Terwyl ek nou so lekker sit en eet aan my ma se lekker tuisgebakte vetkoek, en aan myself erken dat ek nou eenmaal nie n kok van formaat is nie, ek hou meer van bak, dink ek ook dat elkeen van ons talente in ons eie reg het.

Ek geniet om stories te skryf en uit te dink, my ma het al soveel maal vir my gesê om n boek oor die dinge by my werk te skryf, volgens haar sal dit ‘n blockbuster wees want ek sal sommer movie rights ook kry.

Dit sal ‘n drama/komedie/tragedie wees.

Wel wat ek toe nou eintlik aan dink is skool, gggrrrr.
Afrikaans was loshande my mees favourite vak, vandag weet ek hoekom.
Moenie my misverstaan nie, ek het glad nie van skool gehou nie, net van sekere dinge en sekere mense.

Ek kon nooit verstaan hoekom ek punte moes verloor vir my opstelle nie.
Hoekom moes dit net soveel woorde wees.
Daar was gewoonlik op my vraestel geskryf “opstel De Beer, nie n boek nie”

Ek is sleg met name onthou maar ek dink my Afrikaanse onnie in matriek was n Theron … ??
As hy nie ‘n Theron was nie, wel dan is hy nou een.

Wel daardie jare kon die onnies jou nog openlik aanrand, en daar was nie selfone om videos te neem nie.

Die Theron meneer het altyd so deur die klas geloop wanneer hy vrae vra, stop dan langs jou, druk sy vingers hier in jou nek in en knyp die spiere tot jou oë traan.

Die bliksem kon my nooit vasvra nie maar het nog steeds langs my kom stop, sy vingers tuisgemaak en terwyl hy sê “De Beer” knyp hy solank die spiere, al kon ek als antwoord en al kon ek die digters en gedigte in my slaap opsê.

Vandag is ek dankbaar vir my taal, en dat ek so lekker daarin kan dink en skryf en sommer swets ook as ek moet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s