GEELRYS EN ROSYNE ….

TRIP DOWN MEMORY LANE …

Ek dink nou aan my goeie ou vriendin, Amanda, sy was daai jare ‘n Van der Merwe, maar ek weet sy is intussen geskei en weer getroud, het haar baie jare laas gesien of van gehoor.

Dit was 1981, ons het altwee vir die SA Spoorwee gewerk, daai jare was dit nog die Spoorwee ..

Ons het in Pretoria, by die Hoof Rekenmeester se kantoor gewerk, die gebou net so blok van Pretoria Stasie af.
Ek was die Hoof Rekenmeester se Sekretaresse en sy was een van die Klerke gewees.

Nou Amanda kon glad nie kos maak nie, sy het ons die een oggend vertel hoe sy gesukkel het om geelrys met rosyne te maak, sy het Bobotie probeer en wou grend wees en geelrys saam dit maak.

Volgens haar het sy naderhand meer rosyne as rys in die pot gehad maar die bleddie rys wou nie geel word nie.

Ha ha ha ha dit is flippen snaaks.

Eventually het sy opgegee en dit net so voorgesit vir haar man, ons was almal net net uit die skool gewees, sy was nog nie eers 20 nie, maar klaar getroud met 2 kiddies.

Ek was 18, en kinders was iets wat net “ou” mense gehad het.

Wel haar man het haar toe reggehelp en vertel die geheim is in die borrie en nie die rosyne nie.

Dit bly my altyd by wanneer en waar ek ookal geelrys raaksien.

So hier is ‘n reseppie vir geelrys, en ja onthou net, die geheim is in die borrie ….

GEELRYS MET ROSYNE –

6 koppies kookwater,
3 eetlepels suiker,
1 teelepel borrie,
1 teelepel sout.
Bietjie kaneel
Sodra hierdie kook, voeg by:
500 ml rys
250 ml rosyne
Laat 10 minute vinnig kook en laat dan verder baie stadig kook tot gaar.
Moet nie roer nie.

Memories are made of this.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s