VLEIS ….

TONGUE in CHEEK

Ek sit hier en wonder hoekom het die prys van vleis so die hoogte ingeskiet.

Dit is nou nie asof daar ‘n tekort hier in Suid Afrika aan vleis is nie, inteendeel ek glo aanbod oorskry vraag by verre!

Varkvleis …
Goeie genade, daar is ‘n oorvloed van varke in ons land. In die lang verlede was varke meestal maar beperk tot die manlike geslag, deesdae wil die vroulike geslag kyk hoe vuilbek en varkerig en sonder enige trots hulle ook kan wees.
Dis om van naar te word. Ek begin verstaan hoekom mense oor die algemeen nie meer vark wil eet nie.
Die meerderheid dames weet nie meer hoe om te dame nie.

Okay kom ons kyk nou ‘n bietjie na skaapvleis …
Aai aai hierdie land van ons wemel van die skape.
Mense is te lui om te dink en nou volg hul net blindelings soos ‘n trop skape.
Wanneer iemand van buite die kraal ‘n vraag vra of net waag om ‘n debat te begin, dan kom hul in hul massas bymekaar, die voorbok….

Jaaa ek weet ek praat hier van skape, maar ‘n goeie begrip het net ‘n halwe woord nodig….

Die voorbok trek los en almal meehhhhh maar net saam.

Ongelooflik hoe stupid sommige slim mense kan wees.

Daai ding binne in jou skedel is nie net daar om spasie vol te maak nie, gebruik ‘n bietjie jou brein, oefen daai grey matter ‘n bietjie, ek belowe jou dis nie soos gym nie, jy gaan nie sweet nie.

Trust me!!

Lamsvleis is nou ook oral bekombaar maar dis ‘n heel nuwe storie vir ‘n ander tyd.
So ja, daar is definitief in oorvloed.

Dink ‘n bietjie, dis nogals lekker.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s